|
Thursday, 16 September 2010 13:31 |
|
Vanaf Desember 2010, sal die Rampbemiddeling vir Volhoubare Lewensbestaansprogram (RVLP) (Engels: DiMP) verplaas word na die Universiteit van Stellenbosch (US). DiMP sal by die US voortgaan en die teenswoordige groep aktiwiteite sal binne die Departement van Geografie en Omgewingstudie, wat onder die leiding van Professor Hannes van der Merwe (
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
) staan, uitgebrei word. DiMP se steun aan die bestaande administratiewe en akademiese programme by die Universiteit van Kaapstad sal voortgaan gedurende die geleidelike oorgang na die nuwe tuiste. Dit sluit ondersteuning in aan die huidige geregistreerde studente, asook die voltooiing van Fase II van die veellandige ‘Periperi U’ program wat deur USAID befonds word. Dit beteken dat DiMP die bestaande kantore by UK sal behou tot Julie 2011. DiMP sien daarna uit om die bestaande portefeulje van aktiwiteite by US uit te brei en om voort te bou op die uiters waardevolle samewerking van twaalf jaar met die Departement van Omgewing en Geografiese Wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad. Vir meer inligting en die opdatering van DiMP se planne, besoek www.riskreductionafrica.org of kontak Sylvia Prime by +27 21 650-2987 of e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
|
|
Last Updated on Thursday, 16 September 2010 16:07 |